Quetta
Quetta (Oerdoe: کوئٹہ, Pasjtoe: کوټه, Beloetsji: کویته), vroeër Sjalkot (کوئٹہ), is 'n stad in die weste van Pakistan en is die hoofstad van die provinsie Beloetsjistan. Die stad het 'n bevolking van 7 900 000 in 2017 gehad en is die tiende grootste stad van die land ná Karatsji, Lahore, Faisalabad, Rawalpindi, Gujranwala, Pesjawar, Multan, Hyderabad en Islamabad.
Quetta Sjalkot (کوئٹہ) | |
---|---|
'n Uitsig oor Quetta | |
Koördinate: 30°12′38″N 67°01′08″O / 30.21056°N 67.01889°O | |
Land | Pakistan |
Provinsie | Beloetsjistan |
Regering | |
• Burgemeester | pos vakant |
Oppervlak | |
• Stad | 2 653 km2 (1 024 vk. myl) |
Hoogte | 1 900 m (6 230 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 7 900 000 |
• Digtheid | 2 300/km2 (5 800/vk. myl) |
• Metro | 2 800 000 |
Tydsone | UTC+05:00 (PST) |
• Somertyd | UTC+06:00 (PDT) |
Poskode | 87300 |
Skakelkodes | 081 |
Quetta is net suidoos van die grens met Afghanistan geleë. Die stad word as die Pasjtoene se derde belangrikste kulturele sentrum ná Kandahar en Pesjawar beskou. In Quetta word 'n mengsel van verskeie tale soos Pasjtoe, Beloetsji, Brahui, Sindhi, Pandjabi, Oerdoe en Persies gepraat.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Quetta.