R331 (Suid-Afrika)
streekroete
Die R331 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat die R102 en N2-nasionale pad naby Thornhill met die R332 Baviaanskloof-wildernisgebied verbind via Hankey en Patensie. Die roete begin waar dit aftak van die R102, dan feitlik onmiddellik die N2 kruis en dan noordwes hou. Die roete gaan verby Loerie en dan deur Hankey. Dit volg nou min of meer die Gamtoosrivier en gaan deur Patensie. Dit gaan deur die nedersetting Demistkraal en sluit by die R332 aan naby Andrieskraal.
Streeksroete R331 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Oospunt | R102 naby Thornhill | |||
Wespunt | R332 naby Andrieskraal | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Loerie Hankey Patensie | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|