R559 (Suid-Afrika)
streeksroete
Die R559 is 'n streeksroete wat Soweto met die R501 wes van Carletonville verbind. Die roete begin waar dit aftak van die R558 by Protea Glen in Soweto en noordwes gaan vir 17 km voor dit 'n kruising met die R28 bereik in die suidelike voorstede van Randfontein. Die roete gaan nou suidwes en na 22 km bereik dit 'n kruising met Stasiestraat. Die roete houe weswaarts as Stasiestraat vir 17 km en gaan deur Oberholzer en Carletonville. Dit kruis die R500 en gaan verby die Carletonville Mall. Dit hou nog steeds wes vir 18 km, gaan aan die suide van Khutsong verby en sluit by die R501 aan.
Streeksroete R559 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Oospunt | R558, langs Soweto | |||
R28 R500 | ||||
Wespunt | R501, wes van Carletonville | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Randfontein Oberholzer Carletonville Khutsong | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|