R61 (Suid-Afrika)
Die R61 is ’n provinsiale roete in Suid-Afrika wat Beaufort-Wes met Port Shepstone verbind via Graaff-Reinet, Komani (voorheen Queenstown [1]), Mthatha en Port Edward.
Provinsiale roete R61 | ||||
---|---|---|---|---|
Roete-inligting | ||||
Onderhou deur SANRAL, WKDVOW en OKDPOW | ||||
Lengte | 1 061 km (659 mi) | |||
Belangrike aansluitings | ||||
Wespunt | N1 / N12 in Beaufort-Wes | |||
N9 in Aberdeen R63 in Graaff-Reinet N9 naby Nieu-Bethesda N10 in Cradock R67 in Komani N6 in Komani R58 in Ngcobo N2 in Mthatha | ||||
Oospunt | N2 in Port Shepstone | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Beaufort-Wes Aberdeen Graaff-Reinet Cradock Tarkastad Komani Ngcobo Mthatha Libode Bizana Port Edward Margate Port Shepstone | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Die R61 is medebeskryf met die N9-nasionale pad vir 103 kilometer van Aberdeen deur Graaff-Reinet na Bethesdaweg, en met die N6-nasionale pad vir 18 kilometer suid van Komani.
Toekomsplanne
wysigVanaf 2018 is daar planne gesmee om dele van die ooste gedeelte van die R61, vanaf die kruising met die N2-nasionale pad in Port Shepstone tot en met die N2-aansluiting in Mthatha, aan die N2 Nasionale Roete oor te dra.[2][3][4] Daar word beplan om dit in 2024 te voltooi[5] en daar sal twee tolhekke op die roete wees.
Alhoewel dit die grootste deel van die R61-roete in die voormalige Transkei sal oorneem, sal hierdie nuwe Wildekus-hoofweg die N2 op sommige plekke verlê. Die Wildekus-hoofweg sal 'n korter en meer direkte roete vanaf Lusikisiki na Port Edward bied, terwyl die huidige R61 deur Flagstaff en Bizana op die roete tussen die twee dorpe behoue sal bly.[3][4]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) Falkner, John (1 Mei 2012). "South African Numbered Route Description and Destination Analysis". Nasionale Departement van Vervoer. p. 63. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2014. Besoek op 1 September 2014.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2020. Besoek op 28 Januarie 2021.
- ↑ 3,0 3,1 "Wild Coast toll road on track". DispatchLIVE (in Engels). Besoek op 25 Oktober 2020.
- ↑ 4,0 4,1 "N2 road project to continue". DispatchLIVE (in Engels). Besoek op 25 Oktober 2020.
- ↑ "Wild Coast Road project takes in highest bridge in Africa". The South African (in Engels). 5 September 2020. Besoek op 25 Oktober 2020.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie R61 (Suid-Afrika).
- Routes Travel Info
- Departement Vervoer