Redelinghuys
Redelinghuys is 'n klein dorpie in die Bergrivier-munisipaliteit, noord van Aurora in die Wes-Kaap.
Redelinghuys | |
---|---|
Redelinghuys | |
Koördinate: 32°28′44″S 18°32′17″O / 32.47889°S 18.53806°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Bergrivier |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,12 km2 (0,82 vk. myl) |
Hoogte | 20 m (70 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 574 |
• Digtheid | 271/km2 (700/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 17.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 58.1% |
• Swart mense | 23.2% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 95.8% |
• Engels | 1.8% |
• Xhosa | 1.3% |
• Ander | 1.1% |
Poskode (strate) | 8105 |
Skakelkode | 022 |
Geskiedenis
wysigDie dorp het in 1906 uit die NG-kerkgemeente ontstaan. Weens die onbeheerbare grootte van die NG gemeente Piketberg het twee dogtergemeentes twee dae agtereenvolgens afgestig: Aurora op 25 April 1906 en Redelinghuys op 26 April 1906. Die kerkgebou van gemeente Redelinghuys het op 9 April 2019 afgebrand nadat 'n elektriese kortsluiting in die kloktoring ontstaan het. Die brand het vinnig versprei na die hoofgebou en dit binne 45 minute in puin gelê. Alhoewel die kloktoring staande gebly het, is die struktuur sodanig beskadig dat dit gesloop moes word.
Skole
wysigRedelinghuys het 'n voormalige Model C-laerskool en 'n primêre skool, wat albei die dorp se naam dra. Die laerskool het in 2008 net 99 leerders gehad, waarvan 7 in graad een en 23 in graad sewe, die hoogste graad. In die primêre skool was daar in daardie jaar 151 leerders, waarvan 33 in graad een en 10 in graad sewe.
Algemeen
wysigDie omgewing is bekend vir voëlkykers met tot 500 spesies wat hier voorkom. Die skaars sandveldlelie groei welig in die distrik.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Redelinghuys". Sensus 2011.