Rhodesdene
Rhodesdene is 'n westelike voorstad van Kimberley, die hoofstad van die Noord-Kaap, Suid-Afrika.
Rhodesdene | |
---|---|
Koördinate: 28°44′45″S 24°44′15″O / 28.74583°S 24.73750°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Frances Baard |
Munisipaliteit | Sol Plaatje |
Hoofplek | Kimberley |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,73 km2 (0,28 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 354 |
• Digtheid | 1 855/km2 (4 800/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 74,6% |
• Indiërs/Asiërs | 1,7% |
• Bruin mense | 6,8% |
• Swart mense | 16,7% |
• Ander | 0,3% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 71,7% |
• Engels | 15,6% |
• Tswana | 6,7% |
• Xhosa | 2,2% |
• Ander | 1,4% |
Rhodesdene beslaan vir sensusdoeleindes 0,73 km² en het in 2011 1 354 inwoners gehad, van wie amper driekwart (1 010) wit was. Die naasgrootste bevolkingsgroep is swart, naamlik 16,7 persent. Rhodesdene, wat waarskynlik genoem is na 'n baanbreker van Griekwaland-Wes se diamantveld, Cecil John Rhodes, word in die noorde begrens deur Verwoerdpark, in die weste deur Carters Glen, in die suidweste deur Heuwelsig, in die suide deur Hadison Park en in die suidooste deur Kestellhof.[2]
Bron
wysig- (en) Potgieter, D.J. 1973. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Rhodesdene". Sensus 2011.
- ↑ (en) AdrianFrith.com. URL besoek op 28 Februarie 2016.