Rio Araguaia
Die Rio Araguaia [ˈʁi.u ɐɾɐˈɡwaj.jɐ] is 'n groot noord-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 910 km, is die vyfde langste rivier in Brasilië na die Amasonerivier, die Río Paraná, die Rio São Francisco en die Rio Tocantins, en die derde langste rivier, wat net in dié land vloei. Die Rio Araguaia is die grootste sytak van die Rio Tocantins. Die naam van die rivier beteken "Rivier van die (rooi) Aras" in die inheemse Tupí-taal.
Rio Araguaia | |
---|---|
Die Rio Araguaia in Augustus 2004 | |
Die stroomgebied van die Rio Araguaia en die Rio Tocantins. | |
Oorsprong | Serra dos Caiapós, Goiás (Brasilië) |
Monding | naby São João do Araguaia, Brasilië Rio Tocantins |
Stroomgebied | Brasilië (Goiás, Mato Grosso, Tocantins, Pará) |
Lengte | 1 910 km (1 187 myl)[1] |
Oorspronghoogte | 760 m (2 493 vt) |
Mondinghoogte | 89 m (292 vt) |
Gemiddelde afloop | 6 172 m³/s (217 962 vt³/s)[2] |
Stroomgebiedopp. | 384 800 km²[3] |
Die Rio Araguaia vloei deur die volgende deelstate: Goiás, Mato Grosso, Tocantins en Pará. Dit ontspring naby die driehoek van die deelstate Goiás, Mato Grosso do Sul en Mato Grosso. Aansluitend vorm die rivier die grens tussen Mato Grosso in die weste en Goiás, later Tocantins in die ooste, verder noord tussen Pará in die weste en Tocantins in die ooste. Later mond die Rio Araguaia naby São João do Araguaia in die Rio Tocantins uit, wat verder noord naby Belém in die Atlantiese Oseaan uitmond.
In sy breë middelloop verdeel die Rio Araguaia in twee arme, wat later weer saamvloei en die Ilha do Bananal (Portugees vir: "Piesang-eiland") vorm, die wêreld se grootste riviereiland. Hier is die Araguaia Nasionale Park geleë, waar die inheemse Karajá-volk leef.
Sytakke
wysigDie grootste sytakke (stroomaf):[4]
Regter sytakke | Linker sytakke |
|
|
Verwysings
wysig- ↑ (en) Ziesler, R.; Ardizzone, G.D. (1979). "Amazon River System". The Inland waters of Latin America. Food and Agriculture Organization of the United Nations. ISBN 92-5-000780-9. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2013. Besoek op 28 Februarie 2015.
- ↑ (en) River Discharge Database
- ↑ (pt) Ministério do meio ambiente, Secretaria de recursos hídricos: Programa de estruturação institucional para a consolidação da política nacional de recursos hídricos – BRA/OEA/01/002 (PDF; 8.5 MB), 2006 (bl. 6)
- ↑ (de) Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag. ISBN 3-07-508962-1
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rio Araguaia.
- (en) "Araguaia River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 3 Mei 2020.