Robert Hooke
Robert Hooke FRS (28 Julie 1635 – 3 Maart 1703) was 'n Engelse argitek, chemikus, filosoof, fisikus, sterrekundige en wiskundige.
Robert Hooke | |
Moderne portret van Robert Hooke
| |
Gebore | 28 Julie 1635 Freshwater, Eiland Wight, Engeland |
---|---|
Oorlede | 3 Maart 1703 (op 67) Londen, Engeland |
Nasionaliteit | Engeland |
Vakgebied | argitektuur, chemie, filosofie, fisika, sterrekunde en wiskunde |
Instelling(s) | Universiteit van Oxford |
Alma mater | Christ Church, Oxford |
Ander akademiese adviseur(s) | Robert Boyle |
Bekend vir | Hooke se wet mikroskopie invoer van die woord 'sel' |
Invloed op | Robert Boyle |
Handtekening |
Hy het Robert Boyle met eksperimente gehelp wat tot Boyle se gaswette gelei het.
In 1660 het Hooke die wet van elastisiteit ontdek wat sy naam dra en wat die lineêre variasie van spanning met die strekking in 'n elastiese veer beskryf. Vir praktiese doeleindes het Hooke se werk met elastisiteit dit vir die eerste keer moontlik gemaak dat draagbare horlosies met redelike akkuraatheid tyd kon hou.
Die eerste teleskoop en mikroskoop het heel waarskynlik in Nederland ontstaan, tussen 1590 en 1610. Hierdie kennis het gou na ander lande versprei.
Mikroskope wat baie makliker was om te gebruik, is deur Hooke gemaak terwyl hy die sekretaris van die Royal Society was. Hooke het egter gou agtergekom dat dit feitlik onmoontlik was om lense wat 'n werklike duidelike beeld by hoë vergroting kan gee, te slyp en te poleer. Gevolglik het hy glasballetjies gebruik, wat hy verkry het deur glasstawe in 'n vlam te smelt. Hierdie lense was uiters doeltreffend en was 'n groot stap voorwaarts in die ontwikkeling van die mikroskoop.
Sien ook
wysigBron
wysig- KENNIS, vol 6, 1980, bl. 1104-1105, ISBN 0 7981 0828 2
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Robert Hooke.