Rundu-lughawe
Rundulughawe (IATA: NDU, ICAO: FYRU) is 'n lughawe wat Rundu, 'n dorp in die Kawangostreek van Namibië, bedien. Die lughawe is ongeveer 6,5 km (4 myl) suidwes van die dorp Rundu.[4] Dit was tydens die grensoorlog 'n operasionele militêre lugmagstasie van die Suid-Afrikaanse Lugmag.
Rundulughawe | |||
---|---|---|---|
Aanloopbaan van Rundu | |||
IATA: NDU – ICAO: FYRU | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar/Operateur | Namibia Airports Co.[1] | ||
Bedien | Rundu, Namibië | ||
Hoogte bo seevlak | 1 106 m / 3 627 vt | ||
Koördinate | 17°57′23″S 19°43′10″O / 17.95639°S 19.71944°O | ||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
08/26 | 3 354 | 11 004 | Teer |
18/36 | 1 465 | 4 806 | Onbruikbaar |
Bronne: Namibia Airports Co.,[2] DAFIF[3] |
Fasiliteite
wysigDie lughawe lê op 'n hoogte van 1 106 meter (3 627 vt) bo seevlak. Dit beskik oor een aanloopbaan (aangewys as 26/08) met 'n teeroppervlak van 3 354 by 30 meter (11 004 × 98 vt).[3] Dit het ook 'n sekondêre aanloopbaan van 1 465 by 30 meter (4 806 × 98 voet) wat aangewys is as 18/36, maar wat beskadig en onbruikbaar is.[5]
Lugrederye en bestemmings
wysig- Air Namibia (histories) — Windhoek Eros-lughawe; Katima Mulilo-lughawe; Grootfonteinlughawe, Grootfontein
Verwysings
wysig- ↑ "Namibia Airports Company: Airport Information". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2013. Besoek op 30 Julie 2012.
- ↑ "Rundu Airport". Namibia Airports Company, Ltd. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2010.
- ↑ 3,0 3,1 Lughawe-inligting vir FYRU van DAFIF Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine (Oktober 2006)
- ↑ "Afstand van Rundu na die lughawe". WikiMapia (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020. Besoek op 18 Februarie 2010.
- ↑ "Annotated aerial image showing length of secondary runway, marked 18/36". WikiMapia (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020. Besoek op 18 Februarie 2010.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rundu-lughawe.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |