Rupiah Banda
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Rupiah Bwezani Banda (19 Februarie 1937 – 11 Maart 2022) was 'n Zambiese politikus wat vanaf 2008 tot 2011 as die vierde president van Zambië gedien het.
Rupiah Banda | |
Rupiah Banda in 2010 | |
Ampstermyn 19 Augustus 2008 – 23 September 2011 | |
Vise | George Kunda |
---|---|
Voorafgegaan deur | Levy Mwanawasa |
Opgevolg deur | Michael Sata |
10de Adjunkpresident van Zambië
| |
Ampstermyn 9 Oktober 2006 – 2 November 2008 | |
President | Levy Mwanawasa |
Voorafgegaan deur | Lupando Mwape |
Opgevolg deur | George Kunda |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Rupiah Bwezani Banda 19 Februarie 1937 Gwanda, Suid-Rhodesië (nou Zimbabwe) |
Sterf | 11 Maart 2022 (op 85) Lusaka, Zambië |
Politieke party | MMD |
Eggenoot/-note | Hope Mwansa Makulu (1966–2000; haar dood) Thandiwe Banda |
Kind(ers) | 7 |
Alma mater | Universiteit van Addis Ababa Lund Universiteit Wolfson-kollege, Cambridge |
Tydens die ampstermyn van die eerste president, Kenneth Kaunda, het Banda belangrike diplomatieke ampte beklee en was aktief by die politiek betrokke as lid van die destydse regerende party, die United National Independence Party. In 2006 stel president Levy Mwanawasa vir Banda as sy adjunk aan, ná eersgenoemde die tweede maal tot president verkies is.
Ná Mwanawasa 'n beroerte kry in Egipte tydens 'n spitsberaad van die Afrika-unie in Junie 2008, word Banda die waarnemende president en van 19 Augustus 2008, Mwanawasa se sterfdag, tydelike president. Banda wen 'n buitengewone presidentsverkiesing in Oktober 2008 en was tot 2011 Zambië se president.