Ruschia schollii

Plantspesie

Ruschia schollii is 'n vetplant uit die vygiefamilie wat endemies aan die Wes-Kaap is en kom van Malmesbury tot by Caledon voor waar dit deel van die fynbos en renosterveld is. Dit het 'n voorkomsgebied van 4794 km² en daar is slegs tien gefragmenteerde subpopulasies oor nadat die spesie 80% van sy habitat afgestaan het aan gewasverbouing. Ontwikkeling by Durbanville, Kuilsrivier, Stellenbosch en Somerset-Wes het ook bygedra tot die verlore habitat en is steeds 'n bedreiging. Indringerplante word ook 'n bedreiging.

Ruschia schollii
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Caryophyllales
Familie: Aizoaceae
Genus: Ruschia
Spesie:
R. schollii
Binomiale naam
Ruschia schollii
(Salm-Dyck) Schwantes 1949
Sinonieme
  • Mesembryanthemum aduncum Jacq.
  • Mesembryanthemum multiflorum Eckl. & Zeyh.
  • Mesembryanthemum recurvum Haw.
  • Mesembryanthemum schollii Salm-Dyck

Galery

wysig

Bronne

wysig