SG Rooiwit Frankfurt
Volledige naam | Sportgemeinschaft Rot-Weiss 01 Frankfurt e.V. |
Stigtingsdatum | 11 November 1901 |
Tuisveld | Stadion am Brentanobad, Frankfurt am Main |
Kapasiteit | 6 000 |
Kompetisie | Oberliga Hessen |
SG Rooiwit Frankfurt is 'n sokkerklub uit Frankfurt am Main in die deelstaat Hessen in Duitsland.
Die klub is op 11 November 1901 gestig as FV Amicitia 1901 Bockenheim. Bockenheim is vandag 'n stadsdeel van Frankfurt. In 1909 is die naam verander na Frankfurter FV Amicitia en toe weer na VfR 1901 Frankfurt in 1919. Tussen 1926 en 1935 was die span bekend as SC Rot Weiß Frankfurt.
In 1933 is Duitse sokker geherstruktureer onder impuls van die Derde Ryk en het Rot-Weiß op die hoogste vlak meegeding in die Gauliga Suidwes tussen 1938 en 1941. In 1941 is die Gauliga Suidwes verder onderverdeel in die Gauliga Westmark en die Gauliga Hessen-Nassau, waar die klub vir nog drie seisoene meegeding het as Reichsbahn TSV Rot-Weiß Frankfurt. In 1941 het die span tweede in sy afdeling geëindig.
Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub in 1945 herstig as SG Bockenheim. In 1947 is die klub herdoop met die huidige naam en het dit een seisoen in die eersteliga Oberliga Suid deurgebring. Die klub se toeskouerrekord van 27 000 is in daardie seisoen teen 1. FC Neurenberg opgestel. Die klub se grootste na-oorlogse prestasie was om die Oberliga Hessen te wen in 1990. Die klub het die hoofrondte van die DFB-Pokal gehaal in 1974 en 1989.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysigOberliga Hessen 2007/08-seisoen | |
FC Beiere Alzenau - Viktoria Aschaffenburg - KSV Baunatal - SV Darmstadt 98 - SV Buchonia Flieden - |