SV Bad Rothenfelde
Volledige naam | Sportverein Bad Rothenfelde 1927 e.V. |
Stigtingsdatum | 5 Maart 1927 |
Tuisveld | heristo-sportpark, Bad Rothenfelde |
Kapasiteit | 3 000 |
Kompetisie | Oberliga Nedersakse-Wes |
SV Bad Rothenfelde is 'n sokkerklub uit Bad Rothenfelde in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland.
Die klub is op 5 Maart 1927 gestig as 'n onderafdeling van Sportverein Heidland en het in 1931 onafhanklik geword. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die klubbedrywighede bykans tot stilstand gekom en in 1945 is die klub deur die Geallieerdes ontbind. In 1945 is die klub heropgerig in 'n gedwonge samesmelting met Turn- und Schwimmverein Bad Rothenfelde as Turn- und Sportverein Bad Rothenfelde. Die twee klubs het weer vanaf 1951 hulle eie gang gegaan.
Die klub het tot in 1970 sy tuiswedstryde by die Bad Rothenfelde soutwerke gespeel, waarna hy sy intrek by Salinen-Sportpark as tuisveld geneem het. Die toeskouerrekord is in 2004 opgestel, toe 2 200 toeskouers opgedaag het vir 'n wedstryd teen VfL Osnabrück om die Nedersakse-Pokal. Na 'n borgskap van heristo AG die klub in staat gestel het om 'n kunsveld op te rig, staan die tuisveld as heristo-sportpark bekend.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysigOberliga Neder-Sakse Wes 2009/10-seisoen | |
SV Bad Rothenfelde – SV Bavenstedt – VfL Bückeburg – BV Cloppenburg – BSV Kickers Emden - |