Witvlerkvleikuiken

voëlspesie
(Aangestuur vanaf Sarothrura ayresi)

Die Witvlerkvleikuiken (Sarothrura ayresi) is 'n baie skaars voël in die Rallidae familie. Sy wetenskaplike naam kom van die Suid-Afrikaanse ornitoloog, Thomas Ayres, wat dit by Potchefstroom ontdek het. Hierdie spesie word as bedreig gelys, omdat dit in 'n baie klein habitat voorkom. Daar is slegs aangetekende broei plekke. Selfs hierdie habitat beleef 'n voortdurende afname in area en kwaliteit as gevolg van die verlies van seisoenale vleilande.

Witvlerkvleikuiken
In Mpumalanga, Suid-Afrika
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. ayresi
Binomiale naam
Sarothrura ayresi
(Gurney, 1877)
Sinonieme
  • Coturnicops ayresi
  • Ortygops macmillani (Bannermannetjie 1911)

Beskrywing

wysig

Die Witvlerkvleikuiken lyk oorwegend soos die ander familie in die vleikuiken genus. Beide geslagte het 'n dowwe verekleed en 'n donker kroon. In vlug vertoon beide geslagte ook die kenmerkende wit sekondêre vere, 'n kenmerk wat slegs met die verwante genus Coturnicops gedeel word.

Verspreiding en habitat

wysig

Die spesie het 'n twee-ledige habitat: noord van die ewenaar in Ethiopië en suid van die ewenaar in Zambië, Zimbabwe en Suid-Afrika. Dit is onbekend of die noordelike en suidelike bevolkings afsonderlike spesies is, maar hulle fisiese kenmerke is identies. Die voëls is nie permanente inwoners in enige van die bekende plekke nie en trek soms na so min as ses weke wanneer toestande ongunstige draai.

Die drie Ethiopiese terreine waar dit voorkom is die Suluta Valley vleilande, die Berga vleilande en die Wersebi vleilande naby Addis Abeba. Die spesie is vir die eerste keer in 1997 in die Berga vleilande gevind. In Suid-Afrika word hulle gereeld opgemerk in die Dullstroom en in die Wakkerstroom vleilande.

Die witvlerkvleikuiken roep tipies teen dagbreek en sononder, soms in 'n duet. Hulle natuurlike habitat is seisoenale vleilande. Die spesie word ernstig bedreig deur die verlies aan habitat. Dit word hoofsaaklik veroorsaak deurdat gras deur beeste vertrap, gras gesny en vleilande vir weiding gedreineer word.

Fotogalery

wysig
Mannetjie en wyfie
Berga-vleiland in Ethiopië, 'n broeigebied
Vee en wonings langs die vleiland

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. BirdLife International (2012). "Sarothrura ayresi". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012. 1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig