Satyrium muticum
Plantspesie
Satyrium muticum is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Riversdal tot by Knysna voor asook op die noordelike hellings van die Langeberg. Die spesie het 'n beperkte voorkomsgebied van slegs 971 km² en daar is vier, gefragmenteerde subpopulasies bekend. Die totale populasie is minder as 2 500 plante en die plant is deel van die fynbos.
Satyrium muticum | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Orchidaceae |
Subfamilie: | Orchidoideae |
Genus: | Satyrium |
Spesie: | S. muticum
|
Binomiale naam | |
Satyrium muticum Lindl., (1838)
|