Sentrale Moondhede
Die Sentrale Moondhede (Duits: Mittelmächte; Hongaars: Központi hatalmak; Turks: İttifak Devletleri of Bağlaşma Devletleri; Bulgaars: Централни сили, Tsentralni sili) was een van die twee strydende faksies in die Eerste Wêreldoorlog (1914–'18). Die alliansie het ontstaan uit die Drievoudige Verbond van 1882 en het geveg teen die Geallieerde Magte wat ontstaan het uit die Drievoudige Entente.
Lidlande
wysigDie Sentrale Moondhede het bestaan uit:[1]
- Oostenryk-Hongarye: op 28 Julie 1914 die oorlog betree
- Duitse Keiserryk: op 1 Augustus 1914
- Ottomaanse Ryk: op 2 Augustus 1914 in die geheim; op 29 Oktober 1914 openlik
- Bulgarye: op 14 Oktober 1915
Die naam is afgelei van die ligging van dié lande: al vier het gelê tussen die Russiese Ryk in die ooste en Frankryk en die Verenigde Koninkryk in die weste.
Verwysings
wysig- ↑ Meyer, G.J. (2007). A World Undone: The Story of the Great War, 1914 to 1918. Delta Trade Paperback. ISBN 0-553-38240-3.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia