Sirkoniumtriselenied
Sirkoniumtriselenied of sirkoniumselenieddiselenied is 'n verbinding van sirkonium in sy + oksidasietoestand en seleen met formule ZrSe3. Dit kan beskou word as ZrSe(Se)2 met een seleenatoom in die 2- oksidasietoestand en die ander twee in die 1- oksidasietoestand.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Sirkoniumtriselenied |
Chemiese formule | ZrSe3 |
Molêre massa | |
CAS-nommer | 12166-53-9[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=541pm; b=374pm; c=944pm; β=97,48° |
Ruimtegroep | P21/m |
Nommer | 11 |
Smeltpunt | |
Kookpunt | |
Digtheid | (X-straal) 573 [g/cm3] |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Dit is 'n halfgeleier. Dit het 'n indirekte bandgaping van 1,1 eV en 'n direkte een van 1,48 eV.
Kristalstruktuur
wysigZrSe3 kristalliseer in 'n monokliniese struktuur wat 'n argetipe is vir ander trichalkogeniede soos HfS3, HfSe3, HfTe3, TaSe3, TiS3, ZrS3, ZrTe3[2] en US3
Die sirkoniumatome vorm kettings langs die b-as en is omring deur twee seleenatome en twee seleenpare (Se-Se)2- wat 'n verwronge trigonale prisma vorm. Die kettings vorm lae wat deur vanderwaalskragte by mekaar gehou word. Die triselenied en die trisulfied vorm mengkristalle ZrSxSe3−x oor die heel gebied 0<x<3.[3]
Sintese
wysigDie verbinding kan uit die element gevorm word en deur chemiese damptransport met jodium kan kristalle gegroei word:[3]
Fisiese eienskappe
wysigZrSe3 gedra hom, afhangende van die fisiese dikte van die materiaal, as halfgeleider sowel as halfmetaal en dit vertoon ladingdigtheidgolwe (CDW) by ongeveer 60 K en 'n supergeleidende fase by ~2K. Die lae kan in dun 2D-lae afgeskilfer word.[4]
Gebruike
wysigSirkoniumtriselenied het toepassings in gepolariseerde liguitstralende en ligopsporingstoestelle wat verband hou met sy kwasi-eendimensionele eienskappe soos hoë anisotropieverhoudings in geleiding en lineêre dichroïsme.[1]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Zirconium Triselenide (ZrSe3) Powders and Crystals". Ossila.
- ↑ "ZrSe3 Structure : A3B_mP8_11_3e_e". Aflow.
- ↑ 3,0 3,1 Kaushik Patel, Rajiv Vaidya, S G Patel (2007). "Microstructural analysis of zirconium triselenide single crystals". Indian Journal of Pure & Applied Physics.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ "ZrSe3". 2D Semiconductors.