Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/10 April
(Aangestuur vanaf Sjabloon:April 10 selektiewe herdenkings)
- 1865 – Amerikaanse Burgeroorlog: 'n dag na sy oorgawe aan die Uniemagte, spreek generaal Robert E. Lee van die Gekonfedereerde State sy troepe vir die laaste keer toe.
- 1912 – Die RMS Titanic verlaat die hawe van Southampton in Engeland.
- 1944 – Henry Ford II word aangewys as vise-president van die Ford Motormaatskappy.
- 1968 – Jim Fouché begin sy ampstermyn as die derde president van Suid-Afrika.
- 1972 – Viëtnamoorlog: Vir die eerste keer sedert November 1967 begin Amerikaanse B-52 bomwerpers Noord-Viëtnam bombardeer.