Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/14 April
(Aangestuur vanaf Sjabloon:April 14 selektiewe herdenkings)
14 April: Dag van die Georgiese taal (1978); N'Ko-alfabet-dag in Wes-Afrika (1949).
- 1739 – Hendrik Swellengrebel, die man na wie Swellendam vernoem is, word goewerneur van die Kaap en ook die eerste een wat in die Kaap gebore is.
- 1912 – Die RMS Titanic bots teen 'n ysberg op sy eerste vaart en sink teen 02:20 die volgende dag.
- 1962 – Georges Pompidou word eerste minister van Frankryk.
- 1981 – Die Columbia-ruimtependeltuig voltooi sy eerste toetsvlug suksesvol.
- 1986 – Die Verenigde State bombardeer Libië uit weerwraak vir Libië se ondersteuning van terrorisme teen die VSA.