Skiereiland diastella
Die Skiereiland diastella (Diastella divaricata subsp. divaricata) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Diastella behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die Kaapse Skiereiland voor suid van die Silwermyn-natuurreservaat. Die struik is plat en word slegs 50 cm hoog maar 3 m in deursnee en blom regdeur die jaar sonder 'n ooglopende hoogtepunt.
Skiereiland diastella | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. divaricata divaricata
|
Trinomiale naam | |
Diastella divaricata divaricata (P.J.Bergius) Rourke, (1976)
| |
Sinonieme | |
|
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van bye. Die plant groei in klam sand op hoogtes van 0- 600 m.
In Engels staan dit as die Peninsula silkypuff bekend. Daar is nog 'n subspesie van die plant: Diastella divaricata subsp. montana (Berg diastella).