Skoorsteenveër
Die skoorsteenveër (Threskiornis aethiopicus) is 'n groot voël (lengte 64–82 cm; massa 1,5 kg), wat wydverspreid in Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as die African sacred ibis.
Skoorsteenveër | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Pelecaniformes |
Familie: | Threskiornithidae |
Genus: | Threskiornis |
Spesie: | T. aethiopicus
|
Binomiale naam | |
Threskiornis aethiopicus (Latham, 1790)
| |
verspreiding |
Gewoontes
wysigDie heilige voël van die Egiptenare, waar dit "die vader van die sekel" genoem is, omdat dit in duisende op landerye na oorstromings deur die Nylrivier voorgekom het en as 'n aanduiding van 'n goeie oesjaar beskou was. Waterinsekte, paddas, visse, sprinkane, ensomeer is hulle kos. Die naam skoorsteenveër het hy gekry vanweë sy gewoonte om die binnegoed van dooie diere uit te skraap.
Identifikasie
wysigDie kop en nek is veerloos en swart van kleur. Die vlerke en rug is wit met 'n swart stert.
Habitat
wysigDamme, vleigebied, panne en moerasagtige areas. Hulle word ook op vullishope gevind, waar hulle aas op oorskietkos.
Verspreiding
wysigSkoorsteenveërs kom voor in Afrika suid van die Sahara, suid-Irak en (voorheen) in Egipte. Hulle is daarnaas ook eksoties ingevoer in Wes-Europa en Amerika.
Voortplanting
wysigSkoorsteenveërs maak nes in boomkolonies, gewoonlik met ander waadvoëls soos reiers. Hulle bou neste van stokke, soms in 'n kremetartboom, en lê 2 tot 3 eiers.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2018). "Threskiornis aethiopicus". IUCN Red List of Threatened Species. 2018: e.T22697510A132068562. doi:10.2305/IUCN.UK.2018-2.RLTS.T22697510A132068562.en. Besoek op 19 November 2021.