Somerset-eiland
Somerset-eiland (Engels: Somerset Island), die wêreld se 46ste grootste eiland en die twaalfde grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 24 786 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Somerset-eiland behoort tot die Kanadese Arktiese Argipel, met Prins van Wallis-eiland in die weste, Cornwallis-eiland in die noordweste, Devon-eiland in die noordooste, Baffin-eiland in die ooste en Boothia-skiereiland in die suide. Die eiland is genoem na die seremoniële graafskap Somerset in die suidweste van Engeland.
Somerset-eiland Inheemse naam: Somerset Island | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Somerset-eiland | |
Geografie
| |
Ligging | Noord-Kanada, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 73°15′N 93°30′W / 73.250°N 93.500°W |
Argipel | Kanadese Arktiese Argipel
|
Oppervlakte | 24 786 vk km |
Hoogste punt | Creswell Peak 489 m |
Administrasie | |
Kanada | |
Gebied | Nunavut
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Die wêreld se 46ste grootste eiland en die twaalfde grootste eiland van Kanada |
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Somerset-eiland.
- (en) "Somerset Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Mei 2020.
- (en) "Somerset Island". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 10 Mei 2020.