Sowa, Botswana
Sowa is 'n stad in Botswana se Sentraal distrik, maar word ook as 'n administratiewe distrik op sy eie gereken. Die Sowa Township is in 1991 deur 'n bevel van die parlement, Statutêre Instrument No. 26 van 1991, tot stand gebring. Volgens die 2001-sensus het die stad 2879 inwoners.
Sowa | |
---|---|
Koördinate: 20°33′49″S 26°13′26″O / 20.56361°S 26.22389°O | |
Land | Botswana |
Distrik | Sentraal distrik |
Bevolking | |
• Totaal | 2 879 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Sowa beteken sout in die taal van die San. Die stad is naby die Sua-pan (ook bekend as die Sowa Pan) geleë,[1] 'n soutpan waar natriumkarbonaat ontgin word.[2]
Verwysings
wysig- ↑ Sowa Pan. Botswana se toeristeraad.
- ↑ Murphy, Alan (2007). Southern Africa (4th uitg.). Lonely Planet. p. 99. ISBN 978-1-74059-745-6. OCLC 156530975.
20°33′49″S 026°13′28″O / 20.56361°S 26.22444°O{{#coordinates:}}: cannot have more than one primary tag per page