SpVgg Weiden
Volledige naam | Spielvereinigung Weiden e.V. |
Stigtingsdatum | 19 Januarie 1924 |
Tuisveld | Stadion am Wasserwerk Weiden in der Oberpfalz |
Kapasiteit | 10 000 |
Kompetisie | Oberliga Beiere |
SpVgg Weiden is 'n Duitse sportklub uit Weiden in der Oberpfalz in die deelstaat Beiere, veral bekend om sy sokkerafdeling.
Die klub is op 19 Januarie 1924 gestig. In 1935 het die span die Gauliga Beiere gehaal, destyds die hoogste Duitse vlak, maar is na een seisoen weer gerelegeer. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die klub weer die Gauliga gehaal (as Reichsbahn SG Weiden) vanaf die 1941/42-seisoen, totdat die Beiere-liga in 1945 platgeval het as gevolg van die oorlog.
Na die oorlog is die klub herstig as SpVgg Weiden en was sy grootste sukses toe hy die Regionalliga Suid gehaal het in die 1965/66-seisoen, destyds die tweede hoogste vlak.
Die klub speel tans in die Oberliga Beiere. Behalwe sokker bied die klub ook kegelbal en kanovaart.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysigRegionalliga Suid 2010/11-seisoen | |
SV Darmstadt 98, Eintracht Frankfurt II, FSV Frankfurt II, SC Freiburg II, SG Sonnenhof Großaspach, SpVgg Greuther Fürth II, TSG 1899 Hoffenheim II, Karlsruher SC II, |