Tambotie
Die Tambotie (Spirostachys africana) is 'n middelgroot, bladwisselende bosveldboom wat dikwels in laagliggende streke of op heuwels te sien is. Die boom kom voor in die noorde en sentrale deel van Namibië, ooste van Botswana, suide van Zimbabwe, Angola, Eswatini, Mosambiek, Tanzanië en Kenia. In Suid-Afrika groei dit in die noordelike gedeeltes van die Oos-Kaap, in KwaZulu-Natal, Limpopo, Gauteng, Noordwes en die middelveld en laeveld van Mpumalanga.
Tambotie | |
---|---|
Tambotieboom en -blare in Limpopo | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malpighiales |
Familie: | Euphorbiaceae |
Genus: | Spirostachys |
Spesie: | S. africana
|
Binomiale naam | |
Spirostachys africana | |
Verspreidings-kaart | |
Sinonieme | |
|
Die melkerige sap van die tambotie is uiters giftig. Dit kan die vel erg irriteer en is baie gevaarlik vir die oë. Tambotiehout moet ook liefs nie vir braaivure gebruik word nie, omdat dit diarree kan veroorsaak en selfs dodelik kan wees.
Een van die medisinale gebruike van die tambotie is om tandpyn mee te behandel. Die boom het ook baie mooi hout wat vir meubels gebruik kan word. Die boom se FSA-nommer is 341.[1]
Argeologie
wysigHoutskool van tambotie uit die midde-Steentydperk (~58 duisend jaar geleë) is nogtans aangetref naby die Sibudu-steenskuiling in KwaZulu-Natal. Daar word gedink dat dit vir mediese of insekwerende redes verbrand is. Houtskool van Tarchonanthus parvicapitulatus is ook gevind en hierdie aromatiese plant het bekende mediese en insekwerende aanwendings.[2]
Fotogalery
wysig-
Herfskleure -
Stam met growwe bas -
Tambotiehout -
Vrugte van die tambotie
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- ↑ Sandra Lennox, Marion Bamford and Lyn Wadley (2017). "Middle Stone Age wood use 58 000 years ago in KwaZulu-Natal : charcoal analysis from two Sibudu occupation layers". Southern African Humanities. 30 (1).
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
Bronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- https://southafrica.co.za/tamboti.html
- Plants of the World Online
- REDLIST Sanbi