Swartkwasmuishond
Die swartkwasmuishond (Galerella sanguinea) is 'n muishond wat onder andere in sentraal, die noorde en ooste van Suid-Afrika, Botswana, Mosambiek en Zimbabwe voorkom. Die muishond is verwant aan die Kaokolandse Swartkwasmuishond.
Swartkwasmuishond | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Mammalia |
Orde: | Carnivora |
Suborde: | Feliformia |
Familie: | Herpestidae |
Genus: | Galerella |
Spesie: | G. sanguinea
|
Binomiale naam | |
Galerella sanguinea | |
Verspreiding |
Kleur en bou
wysigDie muishond is slank gebou met 'n lang stert wat eindig in 'n swart punt. Wanneer hy beweeg word die stert in die lug opgekrul soos die van 'n leeu. Die soogdier is gespikkeld, bruin tot rooibruin van kleur. Die mannetjie is effe groter as die wyfie. Die mannetjie kan tot 640 gram weeg en die wyfie tot 530 gram.
Habitat
wysigDie muishond is 'n tipiese bosveldspesie maar kom ook voor in redelike operige dele waar daar genoeg skuiling is.
Ander feite
wysigHulle is daglewend en kom eers na sonop uit en is alleenlopers. Die muishond kan ook bome klim en as hy skrik versteen hy in sy spore. Hulle vreet hoofsaaklik termiete, kewers, sprinkane, miere, akkedisse, vrugte en muise. Kuikens en eiers is ook op hulle spyskaart. Die muishonde se natuurlike vyande is die rooijakkals, luiperd, leeu en sivet. Een tot twee kleintjies word vanaf Oktober tot Maart gebore en die verwagte lewensduur is ±8 jaar.
Sien ook
wysigBron
wysig- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5.
Verwysings
wysig- ↑ Hoffmann, M. (2008). Herpestes sanguineus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 22 Maart 2009.
Eksterne skakels
wysig- Wikispecies het meer inligting verwant aan Swartkwasmuishond
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Swartkwasmuishond.