Die kanferbos (Tarchonanthus camphoratus) is boom wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Saoedi-Arabië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom in Gauteng, Limpopo, Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat voor.

Kanferbos
'n Kanferbos in Jan Celliers Park.
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Asterales
Familie: Asteraceae
Genus: Tarchonanthus
Spesie:
T. camphoratus
Binomiale naam
Tarchonanthus camphoratus
L., (1753)
Sinonieme
  • Tarchonanthus abyssinicus Sch.Bip. ex Schweinf.
  • Tarchonanthus angustissimus DC.
  • Tarchonanthus litakunensis DC.
  • Tarchonanthus minor Less.
  • Tarchonanthus obovatus DC.
  • Tarchonanthus procerus Salisb.
'n Kanferbos in Kaapstad

Die boom staan ook bekend as die vaalbos of smalblaarkanferbos.

Kenmerke

wysig

Dit word tussen 2 – 9 m groot. Die boom se bas is lig van kleur met diep groewe in die lengte. Die blare is leeragtig met 'n dowwe grysgroen aan die bokant en bleekgrys aan die onderkant. Indien die blare gekneus word gee dit 'n kanfergeur af. Die blomme en sade is oortrek met wit hare.

Habitat

wysig

Die boom groei in duine, woudrande tot op hoë hoogtes. Die hout is swaar en word gebruik vir die maak van musiekinstrumente en meubels.

Sien ook

wysig

Bronne

wysig