Oefa
Oefa (Russies: Уфа́; Basjkiries: Өфө, Öfö; Tartaars: Уфа, Ufa) is die hoofstad van Basjkortostan, 'n outonome republiek in die Russiese Federasie, met 'n bevolking van sowat 1,1 miljoen. Oefa, wat in 1574 gestig is, is 1 340 km suidoos van Moskou geleë.
Ligging van Oefa in Europa | Wapen |
Vlag | |
Land | Rusland |
Outonome Republiek | Basjkortostan |
Koördinate | 54°45′N 55°58′E / 54.750°N 55.967°O |
Stigting | 1574 |
Stadstatus | 1586 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 710.16 vk km |
Hoogte bo seevlak | 150 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 1 077 719 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 466/vk km |
Tydsone | UTC +5 |
- Somertyd | UTC +6 |
Burgemeester | Oelfat Moestafin |
Amptelike webwerf | www.ufacity.info Geargiveer 18 Maart 2016 op Wayback Machine |
Tweede Wêreldoorlog
wysigStrafkamp 319 vir Duitse Gevangenes tydens en na die Tweede Wêreldoorlog was in Oefa geleë.
Administrasie
wysigDie administrasie van stad Oefa word in sewe distrikte verdeel (bevolkingsgetalle van 2010):
- Djomski (Дёмский, 55 230)
- Kalininski (Калининский, 195 818)
- Kirowski (Кировский, 130 880)
- Lenin (Ленинский, 76 288)
- Oktyabrsky, (Октябрьский, 229 270)
- Ordschonikidsewski (Орджоникидзевский, 176 877)
- Sowetski (Советский, 166 449)
Etlike landelike nedersettings met 'n inwonertal van 7288 val ook onder die stad se administrasie, sodat die totale bevolking van die stedelike distrik van Oefa 1 038 100 is.
Demografie
wysigBevolkingsamestelling
wysigOefa het in 2013 'n bevolking van 1 077 719 gehad. 54,2% is Russe, 27% Tartare, 11,3% Basjkiriërs, 2.6% Oekraïners, 1,1% Tsjoewasjiërs, 1% Mari en 'n verskeidenheid kleiner minderhede (2002).
Bevolkingsgroei
wysigJaar | Inwoners |
---|---|
1897 | 49 275 |
1939 | 250 011 |
1959 | 546 878 |
1970 | 770 905 |
1979 | 969 289 |
1989 | 1 082 052 |
2002 | 1 042 437 |
2010 | 1 062 319 |
Verwysings
wysigErich Maschke (Hrsg.): Zur Geschichte der deutschen Kriegsgefangenen des Zweiten Weltkrieges. Gieseking, Bielefeld 1962–1977.
Susterstede
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oefa.