Maak hoofkeuseskerm oop

Die Gewone blousysie is 'n opvallende klein (lengte 12–13 cm) voëltjie wat tydens die broeiseisoen in pare beweeg, andersins in groterige swerms (40 of selfs meer individue). Hulle wei meestal op die grond maar kan ook insekte tydens vlug vang.

Gewone blousysie
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Estrildidae
Genus: Uraeginthus
Spesie: U. angolensis
Binomiale naam
Uraeginthus angolensis
(Linnaeus, 1758)

Inhoud

IdentifikasieWysig

Muisgrys-bodele en kop, met kenmerkende poeierblou onderdele en laer deel van gesig. Bekkie wissel tussen pienk en ligblou, bene en pote ligbruin.

HabitatWysig

Oop bosveld, rivieroewerbos, langs landerye. Soms op die kant van 'n immergroen woud.

VerspreidingWysig

Vanaf Angola, noordelike dele van Namibië en Botswana, Zimbabwe, Limpopoprovinsie, eSwatini en KwaZulu-Natal.

GeluidWysig

Dringende sweep sweep, vinnig opvolgend.

Ander nameWysig

  • Engelse naam: Blue Waxbill
  • Tswana: Xidzingirhi
  • Duits: Angola-Schmetterlingsfink
  • Wetenskaplike naam: Uraeginthus angolensis

Sien ookWysig

BronnelysWysig