Valsbaai-natuurreservaat
Die Valsbaai-natuurreservaat is sedert 2015 ‘n verklaarde Ramsar-vleiland.
Ligging
wysigHierdie reservaat lê op die Kaapse Vlakte en omsluit Rondevlei en Zeekoevlei. Dit is nagenoeg 1 500 ha groot en is by die koördinate 34°4′S 18°31′O / 34.067°S 18.517°O geleë.
Gebruik
wysigZeekoevlei is ‘n woongebied, piekniek- en ontspanningsterrein en verskeie soorte watersport word hier beoefen. Rondevlei is ‘n beskermde gebied.
Plante
wysigOngeveer 256 inheemse plantspesies, insluitend die uiters bedreigde en byna uitgestorwe Erica turgida en Erica verticillata, groei in die gebied. Die Kaapse Vlakte sandfynbos en strandveld kom hier voor. Waterhiasint is 'n lastige indringer op die meeroewers.
Soogdiere
wysigBelangrike bevolkings van soogdiere word hier aangetref: die seekoei, groototter, watermuishond, Kaapse grysbok, steenbok, vleirot (Otomys irroratus), grootkolmuskeljaatkat (Genetta tigrini) en kleingrysmuishond.
Voëls
wysig‘n Groot verskeidenheid voëlspesies kan hier waargeneem word, insluitend die kleinstrandloper, kemphaan, bontelsie, gewone sterretjie, grootflamink en witpelikaan.
Galery
wysig-
'n Uitsig op Zeekoevlei, die oostelike meer in die reservaat
-
Kaapse dwergverkleurmannetjie op die oewer van Zeekoevlei
-
Rustende pelikane op Rondevlei se oewer