Vanwyksdorp
Vanwyksdorp is 'n dorp in die Klein Karoo met ongeveer 700 inwoners, sowat 44 km vanaf Ladismith in die Wes-Kaap. Die dorp is die hoofdorp in Kannaland. Geen teerpad loop tot op die dorp nie, die R327-streekroete verbind die dorp met Ladismith en Herbertsdale.
Vanwyksdorp | |
---|---|
Koördinate: 33°44′0″S 21°28′0″O / 33.73333°S 21.46667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Tuinroete |
Munisipaliteit | Kannaland |
Stigting | 1838 |
Oppervlak | |
• Totaal | 21,25 km2 (8,20 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 833 |
• Digtheid | 39/km2 (100/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 13.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 84.9% |
• Swart mense | 1.9% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 90.0% |
• Engels | 4.9% |
• Xhosa | 2.0% |
• Ander | 3.0% |
Poskode (strate) | 6690 |
Skakelkode | 028 |
Webwerf | Die dorp se webtuiste |
Die dorp het ontwikkel as 'n kerkdorpie, nadat die NG gemeente Vanwyksdorp in 1904 gestig is en 'n kerkgebou op die plaas Buffelsfontein gebou is. Die dorp het sy naam gekry omdat daar destyds meer as 200 Van Wyks in die distrik gewoon het.
Die Neo-Gotiese kerkgebou is op 16 Februarie 1908 ingewy en word vandag nog deur die gemeente gebruik.
Die Assegaaybosch-reservaat is sowat 10 km buite die dorp geleë.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Vanwyksdorp". Sensus 2011.