Villieria
Villieria is 'n woonbuurt in die noorde van Pretoria, die hoofstad van Suid-Afrika. Dit word omring deur woonbuurte soos Waverley en Rietfontein en is net noordoos van Pretoria se sentrale sakekern geleë. Villieria is in 1896 by Pretoria ingelyf en is dus een van die stad se oudste woonbuurte. Dit het wye strate, groot erwe en enkelverdiepinghuise met groot tuine.
Villieria | |
---|---|
Koördinate: 25°43′S 28°14′O / 25.717°S 28.233°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Hoofplek | Pretoria |
Oppervlak | |
• Totaal | 5,66 km2 (2,19 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 14 312 |
• Digtheid | 2 529/km2 (6 550/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 86,8% |
• Indiërs/Asiërs | 0,6% |
• Bruin mense | 1,7% |
• Swart mense | 9,9% |
• Ander | 1,0% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 82,0% |
• Engels | 10,5% |
• Noord-Sotho | 1,4% |
• Suid-Ndebele | 1,4% |
• Ander | 4,7% |
Poskode (strate) | 0186 |
Poskode (posbusse) | 0186 |
Skakelkode | 012 |
Infrastruktuur
wysig- Hoërskool Oos-Moot
- 'n President Kruger-kinderhuis (31ste Laan)
- Laerskool Villieria
- Pierneefteater (op die terrein van die Hoërskool Rietondale)
- Villieria NG Kerk
- Gereformeerde kerk Oos-Moot (in 31ste Laan)
- Villieria Polisiestasie
- Villieria Tennisklub
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Villieria". Sensus 2011.