Vivian Solomons
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Vivian Solomons (19 September 1952 – 13 April 1984) was ’n geskiedenisonderwyser; inspekteur van onderwys, Afrikaanse akteur en TV-aankondiger. Hy is in April 1984 oorlede kort nadat hy op Vrydag die 13de in ’n motorongeluk was.[1]
Vivian Solomons | |
Geboortenaam | Vivian Samuel Solomons |
---|---|
Geboorte | 19 September 1952 Germiston (verifikasie nodig) |
Sterfte | 13 April 1984 Klerksdorp, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep(e) | Geskiedenisonderwyser; inspekteur van onderwys; akteur, TV-aankondiger |
Aktiewe jare | 1973 - 1984 |
Solomons het in die laat 1970's en vroeë 1980's naam gemaak in ’n paar toneelstukke, onder meer Athol Fugard se Statements After an Arrest Under the Immorality Act[2] in 1979 in die Markteater in Johannesburg saam met Wilma Stockenström en Adam Small se Kanna, Hy Kô Hystoe in 1981 in die Staatsteater in Pretoria saam met Wilna Snyman.[3]
Op 6 Julie 1983 het hy die eerste bruin aankondiger op die destydse "wit" kanaal TV1 geword.[4] Hy is in 1984 ná ’n motorongeluk dood te midde van omstredenheid – daar was glo ’n oponthoud om hom in die hospitaal te kry omdat nie besluit kon word of hy bruin of wit is nie.[5][6]
Toneelstukke
wysig- Statements After an Arrest Under the Immorality Act – 1979
- Kanna, Hy Kô Hystoe – 1981
- Die Koopman van Venesië – 1981
Verwysings
wysig- ↑ Vrydag, die 13de, 'bring geluk', Die Burger, 13 Mei 1994[dooie skakel] URL besoek op 26 Februarie 2013
- ↑ The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 26 Februarie 2013
- ↑ Die volle betekenis van aktrise en vrou, Beeld, 29 November 2010[dooie skakel] URL besoek op 26 Februarie 2013
- ↑ S. African TV breaks color bar, Ottawa Citizen, 9 Julie 1983 URL besoek op 26 Februarie 2013
- ↑ Ernest, David Solomon Harold, MA-tesis, Meaning in Small, Snyders and Pearce: an Application of Lotman's Semiotics to 'Coloured' Literature URL besoek op 26 Februarie 2013
- ↑ Race Before Treatment, Sydney Morning Herold, 26 April 1984 URL besoek op 26 Februarie 2013