Vlaams-Brabant
Vlaams-Brabant (Nederlands: Vlaams-Brabant, Frans: Brabant flamand, Duits: Flämisch-Brabant) is 'n Belgiese provinsie in Vlaandere. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 187 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 2 118 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 561 per km². Die hoofstad is Leuven.
Vlaams-Brabant | |
---|---|
Provinsie | |
Ligging van die provinsie Vlaams-Brabant in België | |
Koördinate: 50°55′N 4°35′O / 50.917°N 4.583°O | |
Land | België |
Gewes | Vlaandere |
Hoofstad | Leuven |
Regering | |
• Goewerneur | Jan Spooren (N-VA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 2 118,35 km2 (817,90 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 187 483 |
• Digtheid | 561/km2 (1 450/vk. myl) |
1 Januarie 2023 | |
Tydsone | UTC+01:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+02:00 (MEST) |
Webwerf | www.vlaamsbrabant.be/nl |
Vlaams-Brabant lê in die midde van België, teenoor Waals-Brabant, en omring die Brusselse Hoofstedelike Gewes. In die provinsie word Nederlands en Brabants gepraat.
Die ooste van Vlaams-Brabant behoort tot die Haspengouw. Die hoogste punt lê in die dorp Walshoutem (137 m) in die munisipaliteit Landen.
Administratiewe indeling
wysigVlaams-Brabant is in administratiewe opsig in twee arrondissemente verdeel:
Die arrondissimente is in 65 munisipaliteite verdeel.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vlaams-Brabant.
- (nl) Amptelike webwerf van die provinsie Vlaams-Brabant