Vrydaggebed (Arabies: صلاة الجمعة‎, ṣalāt al-jumu‘ah; letterlik: "gebed op die dag van byeenkoms", d.w.s. Vrydag), ook Juma-Aat of Jum-Ah genoem,[1] is 'n gebed (salaah) wat Moslems elke Vrydag in die moskee hou in plaas van die gewone middaggebed. Moslems bid gewoonlik vyf keer per dag volgens die son se hemelpad, ongeag tydsones.[2] Dit word voorgeskryf vir seuns vanaf puberteit en Moslemmans, en word ook vir Moslemvroue aanbeveel. Die woorde en bewegings van die Vrydaggebed word deur 'n imam voorgegee om dit sinchroon te hou.

Vrydaggebed by 'n universiteit in Maleisië
Vrydaggebed in die Baitul Mukarram Nasionale Moskee in Bangladesj
Vrydaggebed (Teheran, 2016), Ajatolla Jannati lei die Vrydaggebed as imam
Vrydaggebed in Pristina
Biddende Moslems in Kaïro, skildery deur Jean-Léon Gérôme in 1865
Europese tale waarin die plaaslike woord vir die Vrydag van die Arabiese woord Byeenkoms afgelei is in pers

Etimologie

wysig

Die term al-jumu‘ah is afgelei van die werkwoord ijta'ama, wat na die "byeenkoms van mense" verwys."[3]

Betekenis

wysig

Die Vrydaggebed is 'n godsdienstige verpligting wat Vrydae die plek van die daaglikse middaggebed (thoer; Arabies: ṣalāt aẓ-ẓuhr) inneem. Dit is een van die mees verhewe Islamitiese rituele en een van 'n Moslem se verpligte dade.[4]

Naamvariante

wysig
Streek/land Taal Plaaslike naam
Arabiese wêreld Arabies صلاة الجمعة (Ṣalāh al-Jumu'ah)
Iran, Afghanistan Persies نماز جمعه (Namaz Jumah)
Noord-Indië, Oos-Indië, Pakistan Oerdoe نماز جمعہ (Namaz e Jumma)
Bangladesj, Wes-Bengale, Noordoos-Indië Bengaals জুম'আ, জুম্মা (Jum'aa, jumma)
Turkye Turks Cuma namazı
Azerbeidjan Azerbeidjans Cümə namazı
Balkan Serwo-Kroaties, Bosnies Džuma-namaz
Balkan Albanees Namazi i Xhumasë
Pole Pools Dżummuah
Spanje, Latyns-Amerika Spaans Yumu'ah
Somalië, Djiboeti Somalies Salaadda Jimce
Suidoos-Asië Indonesies, Maleis Salat jumat, Solat jumaat
Java Javaans Jemuwahan
Oesbekistan Oesbekies Juma namozi, Жума намози
Suid-Rusland Russies Джума-намаз
Koerdistan Koerdies نوێژی ھەینی
Anatolië Koerdies Nimiya Îniyê, نمیا ئینیێ
Xinjiang, Volksrepubliek China Oeigoers, Chinees جۈمە نامىزى, 主麻

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. (af) (en) The Cape Muslim Vernacular – ek soembain gou dot kom. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019. Besoek op 16 Maart 2019.
  2. "Dar ul Haqq Islamic Institute – Masjed At Taqwaa" (in Arabies). Reno Mosque. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2013. Besoek op 28 September 2012.
  3. (en) "Hussain, Musharraf" The five pillars of Islam: Laying the foundations of divine love and service to humanity. Kube Publishing Ltd, 10 Oktober 2012
  4. (en) Fahd Salem Bahammam. The Muslim’s Prayer. Modern Guide. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2018. Besoek op 13 Januarie 2019.

Verdere leesstof

wysig
  • (en) S.D. Goitein: "The Origin and Nature of the Muslim Friday Worship" in Muslim World 49 (1959), bl. 183–195.
  • (de) Miriam Younes: Diskussionen schiitischer Gelehrter über juristische Grundlagen von Legalität in der frühen Safawidenzeit: das Beispiel der Abhandlungen über das Freitagsgebet. Würzburg 2010.
  • (de) Hans Zirker: "Tag der Versammlung. Der islamische Freitag im Kontext von Sabbat und Sonntag." In religionen unterwegs, Zeitschrift der Kontaktstelle für Weltreligionen in Österreich 13, 2007, Nr. 2, bl. 10–17. Online bei der Universität Duisburg-Essen

Eksterne skakels

wysig