Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/13 Junie
- 1898 – Yukon word van die Noordwestelike gebiede afgestig as eie gebied van die Kanadese Konfederasie met Dawson City as hoofstad.
- 1917 – Augusto Roa Bastos, 'n romanskrywer van Paraguay, word in Iturbe gebore.
- 1922 – Gebore: die Afrikaanse skrywer Etienne Leroux, op Oudtshoorn. Hy was die seun van S.P. le Roux (later Suid-Afrikaanse Minister van Landbou) en die peetkind van C.J. Langenhoven.
- 1983 – Pioneer 10 word die eerste mensgemaakte voorwerp wat die sonnestelsel verlaat.
- 1985 – Die eerste uitgawe van die Suid-Afrikaanse koerant Weekly Mail verskyn.