Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/14 Augustus
14 Augustus: Onafhanklikheidsdag in Pakistan (1947).
- 1875 – Stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners, beywering o.a. vir die bevordering en erkenning van Afrikaans in Suid-Afrika.
- 1945 – Japan gee oor nadat Hirosjima en Nagasaki deur Amerikaanse atoombomme vernietig is. Dit bring 'n einde aan die Tweede Wêreldoorlog.
- 1947 – Pakistan word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1989 – Suid-Afrika se Staatspresident P.W. Botha kondig sy bedanking aan.
- 2000 – Nikolaas II van Rusland en sy gesin word deur die Russies-Ortodokse Kerk tot "heilige martelaars" verklaar.