Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/15 Junie
- 1215 – Koning Jan van Engeland bekragtig die Magna Carta, waarvolgens die mag van die koning in die Koninkryk van Engeland formeel beperk word.
- 1836 – Arkansas word die 25ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Duitsers in Duits-Suidwes-Afrika gee oor aan Suid-Afrikaanse magte onder generaal Louis Botha.
- 1966 – Die wêreld se eerste skeertuigskou word geopen met die nuus dat die Britse departement van verdediging 'n bestelling van sowat £1 miljoen geplaas het.
- 2000 – Britse seesoldate wat na Sierra Leone gestuur is om VN-magte te help met die handhaaf van orde, verlaat die land.