Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/16 Februarie
16 Februarie: Staatskapdag in Litaue (1918)
- 1857 – Gallaudet Universiteit, die wêreld se enigste universiteit vir gehoorgestremde studente, word in Washington, D.C. gestig.
- 1918 – Litaue verklaar sy onafhanklikheid van Rusland.
- 1923 – Howard Carter open die grafkelder van Toetankamen, 'n Farao van die agttiende dinastie van Egipte.
- 1950 – Peter Hain, Britse politikus en anti-apartheidsaktivis wat veral betrokke was by die ontwrigting van Suid-Afrikaanse rugby- en kriekettoere na Brittanje, word in Nairobi, Kenia, gebore.
- 1959 – Fidel Castro word Premier van Kuba nadat die heersende diktator Fulgencio Batista op 1 Januarie afgesit is.