Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/18 Junie
- 1812 – Die Verenigde State van Amerika verklaar oorlog teen die Verenigde Koninkryk en begin daarmee die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812.
- 1815 – Napoleon Bonaparte verloor sy finale slag, die Slag by Waterloo.
- 1858 – Charles Darwin ontvang 'n manuskrip deur Alfred Russel Wallace oor evolusie, wat hom aanspoor om sy teorie te publiseer.
- 1873 – Vroueregte-aktivis Susan B. Anthony word $100 beboet vir haar poging om aan die Amerikaanse presidentsverkiesing van 1872 deel te neem.
- 1942 – Gebore: Thabo Mbeki, voormalige president van Suid-Afrika.