Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/20 Desember
- 1860 – Suid-Carolina skei van die Verenigde State van Amerika af, wat lei tot die Amerikaanse Burgeroorlog.
- 1914 – Jopie Fourie, kommandoleier van die rebellie tydens die Maritz-rebellie, word per vuurpeleton tereggestel nadat hy aan hoogverraad skuldig bevind is.
- 1976 – Die Marais-komitee maak 14 beginsels bekend wat die grondslag van 'n nuwe opposisie-party in Suid-Afrika moet wees.
- 1995 – NAVO begin vredebewaring in Bosnië en Herzegowina.
- 1999 – Portugal dra soewereiniteit van Macau aan die Volksrepubliek China oor.