Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/20 Junie
20 Junie: Wêreldvlugtelingdag; Vlagdag in Argentinië (1820).
- 1789 – 577 afgevaardigdes van die Franse Derde Stand lê die Tennisbaangelofte af en begin daarmee die Franse Rewolusie.
- 1837 – Koningin Victoria bestyg die Britse troon.
- 1928 – Gebore: Jean-Marie Le Pen, omstrede Franse politikus.
- 1960 – Onafhanklikheid van Mali en Senegal, waarna hulle die Mali-federasie stig.
- 1991 – Die Duitse Bondsdag wys Berlyn aan as die nuwe hoofstad van Duitsland.