Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/22 Augustus
- 408 – Die Wes-Romeinse generaal Flavius Stilicho, van gemengde Vandaalse en Romeinse afkoms, word tereggestel.
- 1864 – Twaalf Europese lande teken die Eerste Geneefse Konvensie, wat lei tot die stigting van die Rooi Kruis onder Henry Dunant.
- 1849 – Geboortedag van Walter Hely-Hutchinson, die laaste goewerneur van die Kaapkolonie.
- 1914 – In België raak Britse en Duitse troepe vir die eerste keer in die Eerste Wêreldoorlog slaags.
- 1972 – Rhodesië word uit die Olimpiese Spele geskop, slegs vier dae voor die openingseremonie in München, Duitsland.