Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/23 Februarie
23 Februarie: Verdedigers van die Moederland-dag in Rusland (1918); Republiekdag in Guyana (1970); Lanternfees in die Chinese kalender (2005); Die Keiser se verjaarsdag in Japan.
- 1455 – Johannes Gutenberg begin die Gutenberg-Bybel druk in Mainz, Duitsland.
- 1574 – Die vyfde heilige oorlog teen die Hugenote begin in Frankryk.
- 1854 – Die Oranje-Vrystaat verkry amptelik sy onafhanklikheid met die ondertekening van die Konvensie van Bloemfontein met Brittanje.
- 1903 – Guantanamobaai, Kuba, word vir altyd aan die Verenigde State verhuur.
- 1947 – Die Internasionale Organisasie vir Standardisasie word gestig. Dit is verantwoordelik vir wêreldwye industriële en kommersiële ISO standaarde.