Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/26 Julie
26 Julie: Onafhanklikheidsdag in Liberië (1847).
- 1788 – New York word die 11de deelstaat van die Verenigde State.
- 1847 – Liberië word die eerste onafhanklike republiek in Afrika.
- 1952 – Eva Perón, vrou van die president van Argentinië, sterf op 33-jarige ouderdom aan kanker.
- 1953 – Fidel Castro lei 'n onsuksesvolle aanval op die Moncada-kaserne en begin daarmee die Kubaanse Rewolusie.
- 1975 – In Suid-Afrika smelt die Progressiewe Party saam met die Reformiste Party om die Progressiewe Reformiste Party te vorm.