Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/3 Julie
3 Julie: Onafhanklikheidsdag in Belarus (1944)
- 1608 – Quebecstad word gestig deur Samuel de Champlain.
- 1883 – Gebore: Franz Kafka, een van die grootste fiksieskrywers van die 20ste eeu.
- 1886 – Karl Benz onderneem 'n proefrit met sy eerste motor in Mannheim.
- 1890 – Idaho sluit aan by die Verenigde State van Amerika.
- 1962 – Algerië verkry onafhanklikheid na 130 jaar van Franse bewind.
- 1971 – Oorlede: Jim Morrison, hoofsanger en liriekeskrywer van die Amerikaanse musiekgroep The Doors.
- 1991 – Adigea word 'n outonome republiek van die Russiese Federasie.