Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/4 November
- 1576 – Tagtigjarige Oorlog: Spanje verower die stad Antwerpen in België.
- 1795 – Die Republiek van Swellendam aanvaar Britse heerskappy onmiddellik ná die Britse besetting van die Kaap.
- 1918 – Eerste Wêreldoorlog: Oostenryk-Hongarye gee aan Italië oor.
- 1956 – Sowjettroepe val Hongarye in om die Hongaarse Opstand te onderdruk met duisende sterfgevalle tot gevolg.
- 1968 – Die derde Paralimpiese Spele word in Tel Aviv, Israel, geopen.