Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/5 Augustus
5 Augustus: Feesdag van pous Fabianus in die Oosters-Ortodokse Kerk
- 1852 – Die Argentynse stad Rosario ontvang amptelike stadstatus.
- 1884 – Die Nieuwe Republiek word in Suid-Afrika gestig.
- 1960 – Burkina Faso word van Frankryk onafhanklik.
- 1962 – Die Amerikaanse aktrise Marilyn Monroe word dood in haar bed aangetref met 'n leë botteltjie slaappille aan haar sy.
- 1968 – Gebore: Marine Le Pen, Franse politikus en advokaat.