Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/5 Junie
5 Junie: Grondwetdag in Denemarke.
- 1806 – Die Bataafse Republiek word hernoem tot die Koninkryk van Holland.
- 1849 – Denemarke word 'n grondwetlike monargie.
- 1934 – JBM Hertzog se Nasionale Party en Jan Christian Smuts se Suid-Afrikaanse Party smelt saam om die Verenigde Party van Suid-Afrika te vorm.
- 1991 – Die Suid-Afrikaanse Groepsgebiedewet, waarvolgens verskillende gebiede en stede en dorpe aan verskillende rasse toegeken is, word afgeskaf.
- 2004 – Oorlede: Ronald Reagan, 40ste president van die Verenigde State.
- 2017 – Montenegro sluit by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aan.