Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/8 Februarie
- 1587 – Koningin Maria I van Skotland word tereggestel by Fotheringhaykasteel onder verdenking daarvan dat sy betrokke was by die Babington-sameswering om haar niggie koningin Elizabeth I van Engeland te vermoor.
- 1828 – Jules Verne, die beroemde skrywer van wetenskapfiksie, word in Nantes, Frankryk, gebore.
- 1904 – Die Russies-Japannese Oorlog begin met 'n verrassingstorpedoaanval deur die Japannese op Russiese skepe naby die hedendaagse Lüshunkou, China.
- 1916 – Die Universiteit van Fort Hare vir swartes word in Alice in die huidige Oos-Kaap geopen.
- 1971 – Handel begin in die Verenigde State op die NASDAQ, die wêreld se eerste elektroniese effektebeurs.